{"product_id":"vreemde-vis-sagteband","title":"Vreemde Vis Sagteband","description":"\u003cp\u003e\u003cmeta charset=\"UTF-8\"\u003e\u003cspan\u003eSkrywer en akteur Milton Schorr se eerste roman vertel dis storie van Jono, die alleenloper-visserman, wat eendag ‘n wonderwerk vang. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJono is ’n jong vissserman wat met harde werk sy skuld moet terugbetaal. Uncle Mike is ’n fabriekbaas wat worstel om kop bo water te hou. Die Baai is ’n klein plekkie waarvan die inwoners al vir generasies op dieselfde manier hengel. En nou’s daar nie meer vis nie. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eWanneer uitlanders met reuse vissersbote opdaag, steier dié eenvoudige gemeenskap onder die fratsgolwe van ’n veranderende wêreld. Hoe gaan die Baai dit oorleef? Maar die seun het ’n sonderlinge talent: hy kan die visse se gedagtes hoor. En in die dieptes skuil ’n groot geheim, iets wat slegs Jono met sy lyn kan uitkatrol… \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eUit die pen van die Weskus-skrywer en akteur Milton Schorr (Tomb Raider, Resident Evil), vertaal deur Toast Coetzer (Weg!, The Buckfever Underground), en wenner van Beste Roman (SA Independent Publisher Awards). \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eREVIEWS \"Werklik oorspronklik.\" - SA Independent Publisher Awards \u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\"Die boek léwe, dit het ’n hardklop, en bring onverwagte skatte na die oppervlak. Dit is 'n eienaardige, pragtige verhaal.\"- Toast Coetzer, Weg!-tydskrif \u003cbr\u003e“Uiters uniek. Schorr slaag daarin om die teenstrydighede van die siel op ’n besonder intelligente wyse raak te vat.” - Karl Kemp, skrywer van Promised Land. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eAWARDS ‘Best Novel’ - South African Independent Publisher’s Awards, 2021. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003c\/span\u003e\u003cmeta charset=\"UTF-8\"\u003e\u003cspan\u003eMORE INFO: www.miltonschorr.com\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e","brand":"My Store","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":45750629859555,"sku":null,"price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0708\/2200\/2915\/files\/Vreemde_Vis_Cover_New.png?v=1781241079","url":"https:\/\/miltonschorr.com\/products\/vreemde-vis-sagteband","provider":"MILTON SCHORR","version":"1.0","type":"link"}